Olies

Olies

Soos teen die tyd al bekend gemaak is word daar NET natuurlike bestanddele gebruik in al die produkte wat te vinde is op die webwerf. Niks is "lab/chemically made" nie. 

Alle bestanddele wat beskikbaar is op die "stickers" kan gevind word by Essentially Natural of Refined Naturals en wat Sophia se Bederfies spesiaal maak is die essensiële olies wat gebruik word vanaf Hadassah Healing Oils.

Meer inligting oor die spesefieke olies wat gebruik word is almal op hierdie "blog"!

Amandelolie: Kom van die pitte van die amandelboom (Prunus dulcis) af, wat oorspronklik duisend jaar gelede in Sentraal-Asië in die Midde-Ooste ontstaan het. Vandag is die Amerikaanse staat Kalifornië die wêreld se grootste verskaffers. Hoe weet mens wanneer dit suiwer is? Die reuk is n baie ligte, subtiele, neutagtige geur. Niks sterk amandel-essens of parfuum reuk nie. Die kleur is ñ suiwer liggoue tot ligte karamelkleur en kan effens dof of troebel lyk. Die gevoel moet glad wees en binne ñ paar minute in die vel intrek sonder om ñ swaar of taai petroleum laag agter te laat.