Fantastiese Gesig Serum

Fantastiese Gesig Serum

20ml
R 250.00
Sale price  R 250.00 Regular price 
Skip to product information
Fantastiese Gesig Serum
In voorraad

Fantastiese Gesig Serum

R 250.00
Sale price  R 250.00 Regular price 

Fantastiese Gesig Serum

Help vir aknee, plooie, fyn lyntjies, donker sirkels of vlekke onder die oë, dowwe of droë vel, bevorder natuurlike vel gloei/gesonheid en bevorder jonger voorkoms. ~ Nie net is hierdie olie bedoel vir ñ ouer vel nie maar ook ideaal vir ñ jonger vel wat sukkel met enige van genoemde kwale.

Gebruiksaanwysings:

~ Plaas 4-5 druppels op gesig na alle vullis af gewas is.

~ Vryf deeglik ooral oor gesig.

Kan ook oggende gebruik word met selfde aanwysings.

 

20ml/50ml Glas bottel

Bestanddele:

Amandelolie, Arganolie, Squalane, Rosehip olie, Kasterolie, Koffiepitolie en Vitamiene-E olie. Roos-, Laventel -en Neroli essensiële olies.

 

Meer oor die essensiële olies!

~ Roos olie stimuleer kollageen en verbeter die vel se elastisiteid. Dit het ook anti-inflammatoriese eienskappe wat verligting bied vir veltoestande soos ekseem, rosacea en aknee. Verhelder ook die velkompleksie om pigmentasievlekke, littekens en donker kringe onder die oë ligter te maak vir ñ natuurlike glans.

~ Laventel olie is soos jou "vel-pleister". Bekend vir sy kalmerende, herstellende en balanserende eienskappe wat die genesing bespoedig. Dit verlig dadelik jeuk, rooiheid, ontsteking wat veroorsaak word deur sonbrande, ekseem, alergieë of geïrriteerde vel. Dit reguleer oli-produksie om ekstra sebum (olie op die vel) te balanseer wat uitstekend werk vir droë sowel as olierige veltipes. Versnel ook genesing deur selhernuwing te stimuleer om te help met littekens, skrape en ou aknee-merke.

~ Neroli olie is jou nommer een teenverouderings- en herstelbehandeling olie. Dit help velselle hernu, elastisiteit verbeter en letsels of rekmerke laat varsag. Verbeter ook mikrosirkulasie wat fyn, gebarste kapillêre bloedvate (bloedvaatjies wat wys) op gesig te genees.

Kyk bietjie na hierdie!