Sophia
In ñ klein dorpie in die middel van nêrens wat baie mense sal aanskou as ñ "plattelandse-dorpie", is waar jy my sal kry. Willowmore is nie baie bekend nie, dit is nie groot nie en dit het ook nie geleentheid vir werk nie, natuurlik. So van vroeg af het ek besluit ek moet omstadighede by die horings vat en my eie bul opsaal! 🌿
Behalwe dat ek ñ vroeë liefde gekry het om ñ entrepreneur te wees het ek ook ñ liefde vir nuwe dinge te proef, mense te bederf en seker te maak my liggaam - sowel as ander sin - is goed na versorg met sekerheid oor die bestanddele wat in die produkte is. Nie hierdie hoë woorde wat niemand kan uitspreek nie.
Asook, watse natuurlike velsorg reeks van vandag ken jy wat ons pure, skoon, trotse Afrikaanse taal gebruik?
Ek hou van ons taal! So ek beeld dit uit! ❤️
Ander Produkte
Baie min mense is bekend met al die gifstowwe, chemikalieë en preserveermiddels wat in kommersiële produkte is wat op so baie verskillende vlakke jou hele liggaam affekteer. Nie net jou vel nie, dit gaan dieper as dit. Wie het geweet of besef dat jou vel jou grootste orgaan is? Enige produk wat jy op jou vel plaas word direk in jou bloedstroom op geneem.
Sophia se Bederfies
Omrede kommersiele produkte probleme soos, irritasie, aknee, puisies, rooiheid, droogheid, hormonale versteurings of ontsteeking kan veroorsaak was my sussie ongelukkig een van die slagoffers met van daai newe effekte. Niks wou werk vir haar nie. Hoe meer kommersiële room sy op sit hoe slegte raak dit. Maak nie saak watse "Brand" of hoe duur die prys nie, dit WERK nie!
Ek het toe in 2022 besluit ek gaan haar probeer help en my heel eerste "batch" room het daaruit ontstaan. Eerlik het dit nie baie fantasties gevoel op jou vel nie maar tog het dit ook nie geflop nie. So dit is dan ñ wen, neh? 🌿
Dit was vir my ñ besonderse interresante ervaring en het iets binne my wakker geskop! Ek wou net meer en meer toetse doen. Meer en meer olies inkorporeer vir ñ ander gevoel of meer doeltreffende eienskappe. Daar was so baie opsies en nog meer moontlikhede!
Van daar af het Sophia se Bederfies afgeskop! ❤️
So, as jy graag jou vel wil bederf en gesond hou. Weet van iemand wat dalk sukkel met hul vel. Of hou van ons suiwer mooi taal. Kan hierdie besigheid net jou antwoord wees!
Ek wil nie net in produk effektief kan help nie, maar ook met bekostigbaarheid en verstaanbaarheid!
Ek hoop u vel voel die Liefde en Omgee van
Sophia se Bederfies!
❤️